Weg Waarheid en Lewe

Beréa Christen Gemeente

Inleiding tot die Bybel Boeke 2026

Vir die klein rukkie wat ons nog saam het in die Sondagskool, as die Here wil, wil ek graag met julle deur die boeke van die Bybel werk en opsommend na ‘n paar baie belangrike dele kyk.
Elke jaar wanneer ons begin met Sondagskool doen ons ‘n oorsig van hoekom die Bybel belangrik is en hoekom ons dit kan glo.
Wel, soos ons in 2 Timotheus 3:16 lees is die HELE Skrif deur God ingegee en is nuttig tot.

Deur God ingegee beteken “GOD BREATHED”.

Ons weet dat God nie ‘n mens is nie en Hy kan nie lieg nie. Numeri 23:19

En dat die Woord waarheid is. Johannes 17:17

Dit is ‘n Lamp vir ons voet en lig vir ons pad – Psalms119:105
Daar is nog soveel ander….

Maar vir vandag gaan ons net ‘n kort oorsig doen oor waaruit dit bestaan.

Die Bybel begin by die begin– Die Skepping en reg deur die Ou testament maak God Homself aan ons bekend. Ons leer Sy karakter ken en ons weet Hy is ‘n God van orde, ‘n God wat HEILIG is en sonde haat. Dit leer ons ook dat God die Skepper is en ons Sy maaksels. Hy is die Een wat alles in stand hou en ook ‘n plan en ‘n doel het met alles. Die Woord leer ons van God se reddende genade vir Sy kinders.

En Christus wat die goue draadjie – die belofte van redding, die Enigste manier is om versoen te word met God die Vader.

Die Woord is God se liefdes brief aan Sy kinders. Iemand anders het dit so mooi gestel: “It’s letters from HOME…..”

Aan die einde van die Bybel eindig dit met die Openbaring – Dit vertel ons van waar Jesus weer gaan kom op die wolke om die wêreld te oordeel en dat Hy ‘n nuwe hemel en aarde gaan maak. En dat die wat aan Hom behoort saam met Hom sal wees.

Die Bybel is ‘n versameling van 66 boeke oor ‘n tydperk van 1500 jaar geskryf ongeveer 40 verskillende mense met verskillende opvoedings en agtergronde – ( deur profete, konings, herders, vissers, dokters en ook leermeesters) en tog is die boodskap of die sentrale punt almal dieselfde – God-drie-enig.

Soos ons gesê het dit bestaan uit twee dele – die Ou Testament en die Nuwe Testament. Testament beteken ‘n belofte, of ooreenkoms, ‘n verbond tussen God en mense.

Die Ou Testament gaan oor God se verbond met Sy volk, Israel. God gee wette en reëls en die mense moes God gehoorsaam. Wanneer die mense ongehoorsaam was, moes hulle offers bring om vergifnis te kry.

  1. Dit wys hoe God mense voorberei het vir die Verlosser.
  2. Die Ou testament bestaan uit 39 boeke
  3. Die Pentateug – Die Wet – Die eerste 5 boeke
  4. Dan die Geskiedenis van Israel
  5. Dan kry ons Wyshede en gedigte

Daarna kry ons die Groot profete end an die klein profete – Hier gaan dit nie oor die grootte van persoon of die belangrikheid van hulle nie, maar dit gaan oor die hoeveelheid hoofstukke in die boek.

In die Ou testament word daar vir ons die belofte gegee dat daar vir ons ‘n Redder sal kom. Daar word van die Messias geprofeteer. Christus word voorspel.

Die Nuwe Testament bestaan dan uit 27 boeke. Hier gaan dit oor God se nuwe verbond, belofte, ooreenkoms deur Jesus. Hy het gekom en vir ons sondes gesterf. Ons word gered deur geloof, nie net deur die wette nie. Hier wys God sy liefde en sy reddende genade.

Jesus is die middelpunt van die Nuwe Testament.Die eerste 4 boeke – die Evangelies – Word Christus – Imannuel (God met ons)– geopenbaar.

  1. In Handelinge word Hy verkondig
  2. In die briewe word Hy verduidelik
  3. In Openbaring word Hy verwag (soos ons vroeër genoem het.)

Soos ons deur die Woord werk, gaan ons kyk na elke boek se agtergrond en skrywer maar die belangrikste is dat ons gaan kyk na Christus en Sy karakter.

So volgende week gaan ons begin deur te kyk na Evangelie van Mattheus…. Wat beteken die woord Evangelie? Wie was Mattheus en hoe pas hy in die prentjie? Hoekom en aan wie eintlik het die boek geskryf? Dan gaan ons ook kyk na die geslagregister van Jesus na die vlees en hoe ons God se karakter ook daarin raaksien.

Die vier Evangelies - Verskilend, maar tog dieselfde

Soos julle kan onthou het ons gesê dat Evangelie beteken die Goeie Nuus. En hierdie Goeie Nuus is Jesus Christus en dit wat Hy kom doen het. Hierdie nuus is vir ALMAL, want Jesus het self gesê dat die dissipels in daai tyd getuies sal wees vir die mense in Jerusalem en Judea en Samaria en tot aan die uithoeke van die wêreld. (Handelinge 1:8) Dit is vir ons. Maar vir ons vandag geld hierdie selfde opdrag nogsteeds.

Nou wonder ons partykeer hoekom is die vier Evangelies anders?

Hoekom verskil hulle van mekaar? Hulle is nie anders ondat hulle mekaar weerspreek nie, maar juis om mekaar aan te vul.

Dink gou hieraan: 4 verskillende mense sien presies dieselfde gebeurtenis, maar elkeen vertel dit uit sy eie oogpunt uit.

Bv. Almal hier ken vir my. Joshua ken my as sy ma. Lyna ken my as Joshua en Jeanelle se ma. Oom Vernon ken my as sy vrou en tannie Ethel ken my as haar forever sussie. Ander ken my as net die Sondagskool juffrou. En elkeen kan ietsie van my vertel uit hulle unieke oogpunt uit. En saam vorm dit ‘n groter prentjie van wie ek is.

En so ook: Die BELANGRIKSTE PERSOON en gebeurtenis wat ooit vertel is, word so ook uit 4 unieke oogpunte vertel, sodat ons die groter prentjie kan sien van WIE JESUS IS en wat het Hy kom doen.

Ons het ook nodig om te weet dat elke verteller ook ‘n ander gehoor gehad het vir wie hulle die Goeie Nuus moes kom vertel en elkeen het Jesus vir ons afgeskilder op ‘n manier sodat ons vandag Hom beter kan leer ken. Vandag sien ons net ‘n bietjie, maar soos Johannes gesê het aan die einde van sy evangelie, het Jesus nog baie ander dinge ook gedoen, maar as dit alles moes opgeskrywe word, sou die hele wêreld ngenoeg plek vir die boeke hê nie. (Joh 21:25).

Maar dit wat wel opgeskrywe is, is opgeskrywe sodat ons kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en soda tons deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê. (Joh 20:31)

Die beste van als is wanneer Hy weer gaan kom, gaan ons Hom sien soos Hy is. En ek is seker dat dit ons verwagting ver gaan oorskry.

Al vier dierdie Evangelies het EEN GROOT BOODSKAP Jesus is die Seun van God Hy het mense geleer en Hy het wonderwerke gedoen Hy het vir die mense se sondes aan die kruis kom sterf, MAAR Hy het opgestaan.

As Hy dood gebly het, was ons godsdiens en geloof tevergeefs – Dan was dit niks anders as enige ander geloof of godsdiens op aarde nie.

Maar hy het opgestaan.

So ons gaan vinnig kyk na die 4 Evangelies:

  1. Vir Wie was dit geskryf,
  2. hoe word Jesus vir ons afgeskilder,
  3. die styl waarin dit geskryf is,
  4. waar die verhaal begin,
  5. Unieke Fokus van elke evangelie,
  6. die bekende temas
  7. sleutelverse.

Matteus

Die Tollenaar

Markus

(Jong man in vroeë kerk, reisgenoot van barnabas en Paulus en later baie na aan Petrus)

Lukas

(Die Dokter)

Johannes

(Dissipel)

Vir Wie? Jode Romeine Grieke/Heidene Alle Mense
Beeld van Juses Koning/Messias Dienaar Redder vir Almal Seun van God
Styl Baie verwysings na Ou Testament Kort en vinning Detail en stories Diep en geestelik
Styl Baie verwysings na Ou Testament Kort en vinning Detail en stories Diep en geestelik
Waar Begin Dit? Gesalgsregister en geboorted Begin by bediening Geboorte en kinderjare Jesus as Woord van God
Wonderwerke??? Belangrik Baie en vinning Baie detail Selektief (tekens)(Joh 20:30-31)
Gelykenisse Baie (Matt 13 & 25) Min Baie Min
Unieke Fokus Vervulling van profesieë Aksie en diensbaarheid Mense en meegevoel, sagtheid van hart Wie Jesus is
Bekende temas Koningkryk van die hemel Diens en opoffering Verlossing vir almal Geloof en ewige lewe
Seutelverse Matt 5 - 7 Mark 10:45 Luk 19:10 Joh 3:16

Die Evangelie van Mattheus

Die woord Evangelie beteken “Goeie boodskap /goeie nuus”
Die woord kom uit die Grieks : euangelion
Eu – beteken goed
Angelion – beteken boodskap

Wat is die GOEIE NUUS?

  1. Jesus het gekom om mense te red
  2. Hy het vir ons sondes gesterf
  3. Hy het uit die dood opgestaan
  4. Deur Jesus kan mense vergifnis en ‘n nuwe lewe hê

In die Bybel kry ons die 4 Evangelies waar die skrywers ons vertel van die GOEIE NUUS oor Jesus se lewe en die die werk wat Hy kom doen het.
Die eerste een waarna ons gaan kyk is Mattheus.

WIE WAS MATTHEUS???
Mattheus was ‘n tollenaar (‘n taxcollector) en was ook nie baie gewild onder ander Jode nie. ‘n Tollenaar het vir die Romeine gewerk. Gewoonlik het hulle meer geld gevra as wat Rome wou hê en het so hulle self ook verryk. Mattheus se se ander naam was Levi, seun van Alfeus. Maar Jesus het ‘n ander plan gehad met hom. :Jesus het hom uitgekies om een van Sy twaalf dissipels te wees en het hom geroep met die woorde “Volg My”.

Mattheus het alles gelos en Jesus gevolg. Na sy roeping het hy ‘n groot fees gehou en baie ander sondaars en tollenaars genooi. Ons lees van Mattheus se roeping op verskeie plekke in die Bybel. Mattheus 9:9-13 Waar Jesus hom roep “VOLG MY” en hy het opgestaan en Hom gevolg. Ander is in Markus 2:13-17 waar Mattheus Levi genoem word. En in Lukas 5:27-32.

Die gedagte hier is dat alhoewel Mattheus ‘n tollenaar was, het Jesus hom nogsteeds gekies en geroep.

Die Evangelie is juis vir die skeptiese Jode geskryf wat goed bekend was met die Ou Testament. Onthou ons het laasweek gepraat dat die Ou Testament, dat die Wet en die Profete het Hom voorspel en almal het gewag vir die Messias, die Koning wat uit die stam van Dawid sou kom. Mattheus het baie gemaak oor Jesus wat Ou Testamentiese profesieë in vervulling gebring het. (Waarna ons in ‘n volgende lessie na gaan kyk.)

Vandag gaan ons praat oor Jesus se geslagsregister. Met Jesus se afstamming van Abraham en Dawid, wat belangrik vir die Jode was. Maar Mattheus het ‘n paar mense nie uitgelaat nie om ook vir ons iets kosbaars en spesiaals te wys. God kies wie Hy wil gebruik vir Sy volmaakte doel, ongeag wie hulle is.

Abraham – Hy was ‘n afgode dienaar, wat God gekies en geroep het. God het ‘n verbond, ‘n testament met Abraham gesluit. In Abraham se nageslag sal al die nasies geseënd wees. (Genesis 12:3; Genesis 22:18; Gen 26:4 en Gen 28:14, bedoelende dat uit sy nageslag sou Jesus (Die Verlosser) gebore word.

Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die Vader van Juda. Juda die Vader van Peres en Serag by TAMAR (Tamar was eintlik Juda se eerste seun se vrou en toe is hy dood, want die seun het teen God gesondig. Tamar het nie kinders gehad by hom nie en moes toe met Juda se tweede seun trou. Die tweede seun is ook dood omdat hy teenoor Tamar nie reg gedoen het nie en Juda beloof toe dat sy kan trou met Juda se jongste seun, sodat die sun dan vir haar kinders kan gee. Maar na ‘n lang ruk is Juda se vrou dood. Lang storie kort en ‘n skandaal later, het God Tamar gekies om deel te wees van Jesus se geslagregister na die vlees. Ongeag haar omstandighede en wat gebeur het, het God haar gebruik.

(Genesis 38)

Peres was dan die vader van Hesron en Hesron die vader van Ram, en Ram die vader van Amminadab en Amminadab die vader van Nagson en Nagson die vader van Salmon en Salmon die vader van Boas by RAGAB (Sy was vrou wat ‘n baie slegte beroep gehad het tydens die inval van Jerigo. Maar sy het God gevrees en het die Israelitiese spioene weggesteek en hulle veilig laat ontsnap . Sy het ‘n rooi tou by haar venster laat uithang en was gespaar toe die mure van Jerigo inmekaar getuimel het. God het haar gebruik in Sy volmaakte plan. Josua 2:1-21 )

Boas was die vader van Obed by RUT. (sy was die Moabietiese vrou was saam met haar skoonmoeder terug Israel toe is nadat haar man en swaer en skoonpa oorlede is. Maar sy het alles gelos om Naomi en haar God te volg en te dien. En God het haar gebruik tot Sy eer en geseën. Rut )

Obed was die vader van Isai en Isai was die Vader van Dawid. (Dawid was die jongste van 8 seuns en God het hom uitgekies om oor sy volk, nie net koning te wees nie, maar dat iemand uit Dawid se nageslag altyd koning sal wees bedoelende Jesus)

Dawid was die vader van Salomo by Batseba, die vrou van Uria, (Batseba was Uria se vrou. Dawid het owerspel gepleeg met haar en later vir Uria laat “vermoor”)

En Salomo was die vader van Rehabeam en Rehabeam was die vader van Abia en Abia was die vader van Asa en Asa die vader van Josafat en Josafat die vader van Joram en Joram die vader vanUssia, en Ussia die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hiskia, en Hiskia die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die Vader van Josia, Josia was die vader van Jegonia in die tyd van die Babiloniese ballingskap. Na die ballingskap het Jegonia die vader geword van Sealtiël en hy was dan die vader van Serubbabel. Hy was dan die vader van Abiud en Abiud was dan die vader van Eljakim, en hy was dan die vader van Asor. Asor was die vader van Sadok. Sadok was die vader van Agim. Agim die vader van Eliud. En Eliud die vader van Eleasar. Eleasar was die vader van Mattan, en Mattan was die vader van Jakob, en Jakob was die Vader van Josef die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.

Hier het Mattheus gekom en ‘n paar vrouens se name ook in die geslagregister gesit wat baie ongewoon was in Joodse tradisies, om daarop ook te wys dat God in Sy genade selfs die aakligste sondes kan vergewe en nie net Sy liefde en barhartigheid wil bewys aan die Israeliete nie maar ook teenoor die hele wêreld. Hy wys ook dat dit nie saak maak wat jou agtergrond of jou afkoms is nie en dat Hy enige iemand kan kies om deel te maak van Sy kinders.

En juis dit is die GOEIE NUUS –
Maak nie saak wat jou sondes is nie. Jesus kan dit vergewe.
God soek nie volmaakte mense nie. Hy kies gewone mense, mense wat dalk deur ander verwerp word om Hom te dien.
Miskien voel jy vandag nie waardig, goed genoeg nie. Maar niemand is nie.
“Almal het gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van God.”Romeine 3:23
Maar danksy God se genade kan ons deel hê aan Sy verlossingswerk.

Mattheus - Die Bergprediksie

Laasweek het ons gekyk na die kruisiging en die gebeure rondom dit en dan ook hoe Mattheus vir ons kom wys het hoe Ou Testamentiese profesiëe in vervulling gegaan het.

Jesus het ‘n volmaakte lewe geleef, sonder sonde , om as die vlekkelose Lam vir ons sondes aan die kruis te sterf. Maar alhoewel Hy gesterf het, het Hy op die 3de dag weer opgestaan en later opgevaar hemel toe om vir ons plek te gaan berei.

Maar terwyl Jesus geleef het, het Hy die mense nie net vertel nie, maar ook gewys hoe om God gehoorsaam te wees en Hom te volg.

So…

Ons gaan nou weer terug na die begin van Jesus se bediening hier op aarde, waar Hy begin preek het vir die mense.
5 van Jesus se preke is vir ons opgeteken in die Evangelie van Mattheus.
Die eerste en seker die grootste van hulle was die Bergpredikasie in Mattheus 5 – 7. Hy het heel eerste, nadat Hy vir Hom dissipels bymekaar gemaak het, eers begin preek deur te sê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.” Mattheus 4:17

Nou… Wat beteken dit om jouself te bekeer?
Dit beteken om om te draai – nie net met jou voete nie, maar met jou hart en jou lewe.

Eenvoudig gestel – Jy besef jy het verkeerd gedoen, jy is regtig jammer daaroor, jy vra God om jou te vergewe en jy leef anders.
Jy “loop” nie meer die verkeerde pad nie, jy wil nie meer sonde doen nie. Jy wil nou die regte pad loop en reg leef.

Jy draai weg van sonde en draai na God toe.
Selfs dit is iets wat God in ‘n mens se hart werk. Maar wanneer ons gaan kom by die Evangelie van Johannes sal ons meer in diepte in gaan oor die verskil tussen bekering en wedergeboorte.

Baie mense het Hom gevolg, vir die wonderwerke wat Hy gedoen het. Hy het mense se siektes genees en hulle van bose geeste vry gemaak. Baie mense het van ver gekom om gesond te word.

Terwyl daar so ‘n skare mense om Hom was het Hy op ‘n berg geklim en begin om hulle te leer oor hoe God wil hê ons moet leef. En hierdie is een van Sy belangrikste leringe.

SALIGSPREKINGE
Mattheus 5:3 – 12Jesus het gesê dat hulle geseënd is wanneer hulle sag en nederig is. Hulle is gesëend as hulle hartseer is oor sonde en as hulle reg wil doen. Hulle is gesëend as hulle barmhartig is, en wanneer hulle ‘n skoon hart het. Hulle is gesëend wanneer hulle vredemaak e nook wanneer hulle vir God ly.

Geseënd beteken – gelukkig in God.

Mense sien gewoonlik net die uiterlike en sien nie wat regtig in ons harte aangaan nie. Maar God gee nie om oor die uiterlike nie, maar Hy kyk na jou hart.

Partykeer doen ons dinge om deur ander raakgesien te word of ons doen dinge vir die verkeerde redes. Maar God sien wat regtig in ons harte aangaan.

SOUT EN LIG
(Mattheus 5:13 -19)
Hy het verder aangegaan deur te sê ons is die sout en die lig. Sout bring smaak en dit keer ook dat sekere dinge nie vrot nie. Dit maak ook skoon. So as ons sout is – moet ons ‘n verskil maak. Hy het ook gesê ons is lig – Ons het nodig om ander te wys na God toe. Ons kan nie ons lig wegsteek nie. Ons het nodig om so te leef dat ander God kan sien deur jou.

Liefde vir mense
(Mattheus 5:17-48)
Verder het hy die mense geleer van liefde en hoe ons mekaar moet liefhê. Hy het hier baie van die ou testamentiese gebooie aangehaal en gewys dat baie mense die “letter” liewer het as die mense om ons. Baie mense het gesê hulle hou die gebooie, maar dit gaan nie net oor die gebod self nie, maar dit gaan oor die toestand van ‘n mens se hart. Bevoorbeeld: Jy mag nie doodslaan nie, maar Jesus het gesê as jy sonder oorsaak vir jou broer kwaad is, dan is is dit net so erg.

Ons het nodig om mekaar lief te hê soos onsself. En selfs die mense van wie ons nie baie hou nie, selfs ook ons vyande.

Ons het nodig ook om mense te vergewe soos God ons ook vergewe. God wil hê ons moet anders wees as die wêreld.

Gebed
( Mattheus 6:1-9)
Jesus het ook die mense geleer bid. Die voorbeeld is die Onse Vader wat ons twee jaar terug geleer het, wat ons in diepte bespreek het.
Hy het ook gesê dat ons moet opreg bid, ons het nie nodig om groot woorde te gebruik nie. God weet wat ons nodig het.

Wat regtig belangrik is
Ons moenie vir ons skatte op die aarde bymekaar probeer maak nie. Alles hier op aarde wat dalk vir die wêreld waardevol mag wees, gaan in elk geval verrot of verniel. Ons het nodig om skatte in die hemel bymekaar te maak. Dinge wat ewigheidswaarde het. (Mattheus 6:19-24)
Ons moet ook nie onsself oor enige iets bekommer nie. God sorg vir ons. (Mattheus 6:25 -34)

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Mattheus 6:33

Waarskuwings
(Mattheus 7:1 -23)
Hier naby die einde van sy preek het Hy baie waarskuwings ook gegee. Ons moenie mense uit die hoogte oordeel nie. Wanneer ons iemand sien sonde doen, moet ons seker maak dat ons nie self besig is met sonde nie. Ons moet ook aanhoudend bid. Die Here sal vir ons gee wat ons nodig het. BEHANDEL ANDER SOOS JY BEHANDEL WIL WORD. (Mattheus 7:12) Gaan in deur die nou poort . Pas op vir valse profete. Aan die vrugte sal ‘n mens geken word. Nie elkeen wat sê Here Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie.

Die huis op die Rots
Dan laaste het Hy die storie vertel van twee mense : (Mattheus 7:24 -27)
Die een ou bou sy huis op die sand en die ander ou bou sy huis op die rots. Toe die storm kom het die ou met die huis op die sand platgeval en die ou op die rots het vas gestaan. Die les wat ons uit hierdie verhaal kan leer is dat as jy doen wat Jesus leer, is jy soos die man wat sy huis op die rots bou.
So om gou op te som leer die Bergpreek ons om:

  1. Sag en nederig te wees
  2. Om sout en om lig te wees
  3. Om lief te wees vir almal
  4. Ons moet opreg bid
  5. Ons moet God vertrou
  6. En doen wat Jesus sê
  7. Dan sal jou lewe sterk staan, soos ‘n huis op die Rots

Die kruising volgens Mattheus en die profesiëe wat in vervulling gegaan het

Die wêreld het gister Valentynsdag gevier. En baie mense het vir mekaar blomme of sjokkelades of geskenkies gekoop om vir mekaar te wys hoe lief hulle vir mekaar is. Maar valentynsdag gaan oor die romatiese tipe liefde en hierdie tipe liefde hou ongelukkig nie altyd nie en dis ook nie eintlik waaroor ek vandag wil gesels nie.

Die tipe liefde waaroor ek wil gesels is eintlik een wat ons as mens nie werklik hier op aarde volkome sal verstaan nie en een wat ons as men sook nooit volkome kan nakom nie. Dit is die AGAPé liefde. Die opofferende liefde.

Laasweek het ons gekyk na ‘n paar profesiëe wat lank voor Jesus op aarde was, vir ons opgeskrywe was en toe Jesus wel op aarde was het Hy dit in vervulling gebring. Ons het laasweek gekyk hoe iemand wat Jesus vertrou het, Hom verraai het met ‘n soen vir 30 silwerstukke. Hoe Petrus voor dit gesê het dat maak nie saak wat nie, hy sal by Jesus staan. Maar toe die soldate Jesus (die Herder) gevange neem dat al Sy skape (die dissipels) verstrooi word.

Al hierdie dinge wat gebeur het, het Jesus geweet sou gebeur, lank voor dit gebeur het. Maar Hy het dit gedoen, vir een baie goeie rede. Omdat Hyo ns so lief gehad het. Hy was gevange geneem om gekruisig te word. Hy het geen skuld gehad nie. Maar Hy het geweet dat dit moes gebeur.

In Jesaja 53:7 lees ons hoe Jesaja van die Messias profeteer, dat Hy mishandel was end at Hy soos ‘n lam was wat na die slagplek gelei was en Hy het nie sy mond oopgemaak nie.

In Mattheus 27:12 -14 lees ons hoe Jesus voor Pilatus staan. Nou Pilatus was die goeweneur (‘n baie belangrike persoon in die Romeinse ryk). En Pilatus het Jesus begin ondervra. En terwyl Jesus deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word het Jesus nie een enkele woord geantwoord nie. Pilatus was baie verwonderd oor die saak.

Pilatus wou Jesus los laat want hy het geen skuld gevind in Hom nie. En op die fees het Pilatus ook die gewoonte gehad om vir die Jode een los te laat.

Hy het hulle gevra, wil hulle hê Jesus moet losgelaat word, of Barabbas? Nou Barabbas was ‘n berugte gevangene. Maar die skare kies toe vir Barabbas om losgelaat te word.

Pilatus wou Jesus los laat, maar as gevold van die Jode en die owerpriesters het hy eerde sy hande in onskuld gewas en gesê da thy onskuldig is aan die bloed van Hom.

Hulle het toe Jesus gevat en Hom laat gesel en oorgelewer om gekruisig te word.

Hulle het vir Hom ‘n doring kroon gevleg end it op sy kop gesit. Hulle het vir Hom ‘n riet in die hand gegee en op hul kniëe geval en Hom bespot en vir Hom gesê “Wees gegroet, Koning van die Jode”

Hulle het op Hom gespoeg en die riet wat in sy hand was gevat en Hom daarmee geslaan op sy kop. Nadat hulle Hom so bespot en mishandel het het hulle Hom sy klere mantel uitgetrek en sy klere weer aangetrek en Hom weg gelei om gekruisig te word.

Later in die Psalm lees ons in vers 19 dat sy klere was verdeel onder mekaar en die lot was gewerp oor sy gewaad.

In Mattheus 27:35 Toe Jesus opgehang was aan die kruis, het die soldate Jesus se klere gevat en dit verdeel onder mekaar, maar omdat sy onderkleed in een stuk gewwef was, wou hulle dit nie skeur nie, maar het eerder die lot gewerp om te sien wie dit sou kry.

Ons lees in Psalm 22: 7-8 dat die skrywer hier sê dat hy ‘n wurm is en geen man nie, en dat die volk hom verag. En dat almal wat hom sien, spot met hom en steek hul lip uit en skud hul hoof en sê
“ Laat dit aan die Here oor. Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in in hom.”

In vers 39 staan daar dat die verbygangers het Hom gesmaad en hulle hoofed geskud.

In vers 42-43 van Mattheus 27 lees ons hoe die owerpriesters saam met die skrifgeleerders en ouderlinge spot en sê: “Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo. Hy het op God vertrou: laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het, want Hy het gesê: Ek si die Seun van God.”

So het die rowers saam met Hom aan die kruis Hom ook bespot en beledig.

Psalm 69:22 sê :”En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink”

Toe Jesus by Golgotha aankom, het hulle vir Hom asyn met gal gemeng gegee om te drink, maar toe hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie. En later net voor Hy Sy laaste asem uitblaas het iemand gegaan en ‘n spons vol asyn gemaak en op ‘n riet gesit en vir Hom gehou dat Hy kon drink. Daarna het Hy met ‘n groot stem geroep en die gees gegee.

Die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, die aarde het gebewe en rotse het geskeur; grafte het oopgegaan en baie liggame van ontslape heiliges het opgestaan en baie mense het bang geword. Toe dit aand geword het, het daar ‘n ryk man van Armithea gekom met die naam Josef.

Hy was ook ‘n dissipel van Jesus. Hy het vir Pilatus gevra vir die liggaam van Jesus. Hulle het toe Jesus se liggaam gevat en in skoon linne toegedraai en Hom in ‘n nuwe graf gelê wat uit rots gekap was en nadat hulle ‘n groot steen teen die opening gerol het, het Josef weggegaan.

Selfs dit was vir ons opgeskrywe dat dit so sou wees, lank voor dit gebeur het. Ons lees daarvan in Jesaja 53:9 “En hulle het Homs y graf by die goddelose gegee, en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.”

Jesus het presies geweet wat sou gebeur. Nie omdat Hy in die toekoms in kon sien nie, maar omdat dit so bepaal was. Hy het geweet die prys wat dit sou kos om sy mense te verlos. Hy het dit gedoen omdat Hy sy mense so lief gehad het. Hy het vir ons sondes , ons straf, aan die kruis kom sterf. Die vloek, die straf, dit wat ons verdien, het Hy kom dra. Dit is ware opofferende liefde. ‘n liefde, soos wat ek ook vroeer gesê het, wat ons in ons “gevalle menslikheid” nie volkome sal verstaan of kan bereik nie.
Maar Hy het. Sodat ons kan lewe. Vir Hom, saam met Hom, tot Sy eer.

Opsomming van Mattheus

Ons het hierdie kwartaal gekyk na die Evangelie van Mattheus en die kosbare waarhede wat vir ons daarin opgeteken is. Ons het ook nodig om te wee ten te verstaan dat hierdie net ‘n boek of ‘n storie is nie, maar dat dit deel vorm van God se volmaakte plan en ‘n baie groter verhaal.

So Mattheus vir ons opgesom oor dit waarna ons geleer het die kwartaal:

Ons het eerste gekyk na wat beteken Evangelie. Dit beteken Goeie Nuus.

Alhoewel Mattheus ‘n tollenaar was, het Jesus hom nogsteeds geroep. Net so ook gebruik God mense, wat alhoewel hulle dalk deur ander verwerp is, in Sy groter plan. Selfs in Jesus se geslagsregister.

Mattheus het geskryf aan die Joodse Christene wat die Ou Testament geken het. Hy het ook gewys dat Jesus die beloofde Koning en ook Redder is wat in die Ou Testament al beloof was. Maar Hy was nie net die Koning wat uit Dawid se nageslag gebore sou word nie, Maar ook Koning van Koninkryk van die Hemel.

Daar is baie profesieë opgeteken in die Ou Testament en Mattheus het baie keer in sy Evangelie aan gehaal om te wys “dat dit gebeur het sodat vervul kon word wat die profeet gesê het.” En ons het na die belangrike profesieë gekyk wat in Mattheus vervul geword het.

Die groot gedagte wat ons nodig het om hier uit te leer is dat God hou Sy beloftes. Hierdie profesieë wys ook dat JESUS wel die Messias is. Enb dit help ook die Joodse lesers sien dat Jesus in die ou Testsament beloof is.

Een van die mees in detailste profesieë is Jesus se kruisdood. Daarvan kan jy gerus gaan lees in Psalm 22.

Daarna het ons gaan kyk na Jesus se leringe. Een van die groostes wat vir ons opgeteken is in Mattheus was die Bergpredikasie Mattheus 5 – 7. En die hooflesse wat ons hieruit kon leer is:

  1. God sien ons hart en nie soos ander mense ons sien nie
    1. HOE IS JOU VERHOUDING MET GOD? HET JY VREDE MET HOM?
    2. Met watter gesindheid doen ons dinge?
  2. Moenie jou lig wegsteek nie – leef so dat ander God in jou kan sien. Maak ‘n verskil.
  3. Ons het nodig om nie net ons vriende en familie lief te hê nie, maar ook ons vyande. Ons moet anders wees as die wêreld.
  4. Jesus het ook die skare geleer om te bid. Bid opreg. God weet wat ons nodig het.
  5. Wat is belangrik? “SOEK EERS DIE KONINKRYK VAN GOD.”
  6. As jy doen wat Jesus leer sal jy wees soos die huis op die rots.

Daarna het ons gaan kyk na die gelykkenisse en die lesse wat ons daaruit kon leer was:

Mattheus 13

  1. Die Saaier : God se Woord is soos saad wat gesaai word. Ons het nodig om versigtig te wees hoe ons God se woord hoor en daarop reaggeer.
  2. Die onkruid: Die wat aan God behoort en die wat nie aan God behoort nie, is almal saam nou op aarde. Goed en sleg. Ons wat aan Hom behoort het nodig om geduldig op Hom te wag, tot Hy weer kom om regverdig te oordeel.
  3. Die mosterdsaad en suurdeeg.: Die koninkryk van God begin wel baie klein, maar dit sal groei. Daar sal duidelike veranderinge wees, innerlik en uiterlik.
  4. Die verborge skat in die saailand en die koopman met die pêrel. God se koninkryk is kosbaarder as enige iets hier op aarde. Wanneer jy besef hoe waardevol dit is, sal jy alles anders opoffer ter wille van God.

Mattheus 25

  1. Die tien maagde : Ons moet ALTYD geestelik gereed wees, want niemand weet presies wanneer Jesus weer sal kom nie.
  2. Die Talente: God verwag dat dit wat Hy vir ons gegee het, of dit nou talente, gawes, geleenthede, vermoëns of tyd is, da tons dit moet gebruik en nie wegsteek nie.
  3. Die skape en die bokke: Ware geloof wys in hoe ons ander mense behandel – veral siekes, armes en mense wat hulp nodig het. Ons optrede teenoor ander is baie belangrik. Want dit wat ons aan die geringstes doen, doen ons ook aan God.

Daar is ook soveel ander wonderlike gebeurtenisse wat vir ons opgeteken is in die Evangelie van Mattheus. Maar baie van hulle is ook vir ons opgeteken in die ander Evangelies. Markus, Lukas en Johannes.

So ons sal wat ons nie in Mattheus behandel het nie, in die volgende Evangelies leer.

Onthou Evangelie beteken die Goeie Nuus. Die Goeie Nuus gaan oor Christus.
Mattheus beskryf Hom as die Koning. Hy wys dat Jesus die Messias is wat belowe is.
Markus beskryf Hom as die dienskneg. Hy kom wys hoe Jesus mense kom dien en help het.
Lukas beskryf Hom as die seun van die mens en Redder vir almal. Hy beskryf die verhaal in baie detail.
Johannes beskryf Hom as die Seun van God. Hy fokus baie op WIE Jesus werklik is.

Volgende week gaan ons net gou weer kyk na die tydlyn en presies waar Mattheus op die tydlyn voorkom soda tons die groter prentjie kan sien.

Opsomming van Markus

Evangelie van Markus – Opsomming en Belangrike Gebeure

Wie was Markus en hoekom het hy die boek geskryf?
Markus was ‘n goeie vriend van die Apostel Paulus en was ook die nefie van Barnabas. Hy was ook ‘n goeie vriend van Petrus. Soos die boek Mattheus geskryf was vir die Jode, was die boek Markus meer geskryf vir die Romeinse en heidense gehoor. Hy maak nie baie van geslagregisters of van Joodse tradisies nie.

En soos ons ook kan sien in die boek gebeur alles vinnig, want hy gebruik baie keer die uitdrukking “dadelik”.

Die Evangelie van Markus is die ook kortste evangelie en fokus op wat Jesus doen. Dit wys Jesus as die Seun van God en ’n dienaar wat mense help, wonderwerke doen, en uiteindelik sy lewe gee om ander te red.

Belangrike Gebeure
Jesus se doop en versoeking (Markus 1)
Jesus word gedoop en God noem Hom sy geliefde Seun. Daarna word Hy versoek in die woestyn, maar bly gehoorsaam.

Jesus roep dissipels(Markus 1: 16 – die eerste 4)
Jesus roep gewone mense om Hom te volg en hulle word sy dissipels.

Wonderwerke en genesings
Alreeds in die 1ste hoofstuk lees ons van hoe Jesus siek mense genees, bose geeste uit dryf en sy krag wys en omgee.

Gelykenisse
Jesus vertel stories met lesse om mense te leer oor God se koninkryk.
Belangrike gelykkenisse: Die saaier Markus 4:1 – 20
Mense reaggeer verskillend op God se Woord. Die goeie grond verteenwoordig die mense wat die Woord hoor , aanneem en vrug dra.

Die gelykkenis van die lamp 4:21 -25
God se waarheid moet openbaar word en gelowiges moet hulle lig laat skyn

Gelykkenis van die groei van saad Markus 4:26-29
God laat Sy koninkryk groei. Mense werk saam, maar God gee die groei.

Gelykkenis van die Mosterdsaad Markus 4:30-32
God se koninkryk begin klein, maar groei tot iets kragtig

Gelykkenis van die Huurders en die wingerd Markus 12:1-12
God het profete gestuur na Israel, maar hulle is verwerp. Jesus die Seun van God, sou ook verwerp word.

Konflik met leiers
Jesus het verkeie kere konflik gehad met die godsdienste leiers, want hierdie konflikte wat hulle ghad het het eintlik net kom openbaar wie Jesus werklik is en waarom die leiers Hom uiteindelik wou doodmaak. Hy het mense se sondes vergewe en die leiers het geredeneer dat net God sondes kan vergewe. (Jesus is God).
Hy het saam met tollenaars en sondaar geeet en die leiers het Hom gekritiseer, maar Jesus antwoord: “ Ek het nie gekom om regverdiges te rope nie, maar sondaars tot bekering”
Daar is seker nog 9 ander kere wat vir ons opgeteken is in Markus waar Jesus konflik gehad het met hierdie leiers. En op die einde het hulle Hom gekruisig.

Jesus voorspel sy lyding – Markus 8 :31
Hy vertel sy dissipels dat Hy gaan ly en sterf.

Kruisiging Markus 15
Jesus word gekruisig en sterf vir mense se sondes.

Diensbaarheid in Markus
In die Evangelie van Markus speel diensbaarheid ’n baie belangrike rol. Jesus wys deur sy woorde én dade dat ware grootheid beteken om ander te dien.

Belangrike idees oor diensbaarheid in Markus:

  1. Jesus dien ander mense: Hy genees siekes, help armes en gee om vir mense wat verwerp is. Hy voed groot skares mense en wys medelye aan almal.
  2. Jesus leer sy dissipels om te dien: Die dissipels wou soms belangrik wees, maar Jesus leer hulle dat ’n leier nederig moet wees. In Markus 9:35 sê Jesus: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.”
  3. Die grootste voorbeeld van diensbaarheid: Jesus gee uiteindelik sy lewe vir ander mense. Markus 10:45 verduidelik dit mooi: “Die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien.”

Kort opsomming
Diensbaarheid in Markus beteken:

  1. om ander eerste te stel
  2. nederig te wees
  3. mense te help
  4. en liefde deur dade te wys.

Jesus is die beste voorbeeld van iemand wat ander dien.

Die Evangelie van Lukas - Opgesom (Inleiding)

Wie was Lukas en hoekom het hy die evangelie geskryf?
Lukas was ‘n dokter. Hy was nie ‘n Jood nie, maar hy was ‘n goeie vriend van Paulus en het so ook saam met hom op van sy sendingsreise gegaan. Hy het nie net die Evangelie geskryf nie maar ook die boek Handelinge. Soos ons kan lees in Lukas 1 het hy die Evangelie geskryf aan Theofilus. Lukas het goeie navorsing gaan doen en bronne gebruik soos “die wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was,…”(Lukas 1:2) en hy het alles noukeurig ondersoek sodat ons ook met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent ook ons geonderrig is.

Hy vertel ons die verhaal van Jesus met soveel inligting soos wat ‘n goeie dokter sy pasiënt sou inlig. Maar hy vertel dit so dat enige iemand dit sou kon verstaan.

Waar begin die boek? Dit begin by die aankondiging van die geboorte van Johannes die doper en die aankondiging van Jesus se geboorte.

In die Evangelie maak hy ook baie van profesiëe wat in vervulling gaan, juis om vir ons te wys dat Jesus werklik die Messias is end at God Sy beloftes vervul. Jesus se lewe was van die begin af deel van God se Reddingsplan.

Net ‘n paar voorbeelde van profesieë:
Jesus se geboorte in Betlehem (Miga 5:1) en dat Hy uit ‘n maagd gebore sou word (Jesaja 7:14)
Johannes die doper (Jesaja 40:3 & Maleagi 3:1) – het in vervulling gegaan in Lukas 3:3-6. Hy is “Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit”
Jesus wat mense genees en bevry ( Jesaja 35:5-6)
Jesus word verwerp ( Jesaja 53:3)
Jesus ly en sterf vir sondes ( Jesaja 53 en Psalm 22)
Jesus staan uit die dode op (Psalm 16:10)
Jesus het ook baie van die profesieë oor Homself verduidelik uit die Wet van Moses, die profete en Psalms wat oor Hom geskryf was. (Lukas 24:27 en Lukas 24:44).
Maar as ons moet gaan kyk die doel van die boek is om ons te vertel van Jesus se lewe, Sy wonderwerke, leringe, dood en dan ook opstanding. Maar Lukas wys vir ons dat Jesus nie net gekom het vir die Jode nie, maar vir alle mense uit elke nasie, volk, stam en taal.
Arm en ryk, Jode en nie- Jode – mans, vroue en kinders.

Kortliks opgesom (Belangrike gebeure)

  1. Die engel vertel Maria dat sy Jesus gaan baar.
  2. Jesus word in Betlehem gebore.
  3. Johannes die Doper berei die pad vir Jesus voor.
  4. Jesus begin preek, mense genees en wonderwerke doen.
  5. Hy leer die mense hoe om lief te hê, te vergewe, ander te help en ook te bid.
  6. Jesus vertel gelykkenisse soos: Die verlore seun, die barmhartige Samiritaan.
  7. Jesus wys baie omgee vir armes, siekes en mense wat verwerp word.
  8. Hy gaan Jerusalem toe waar Hy verraai, gekruisig en begrawe word.
  9. Op die derde dag staan Jesus uit die dood op.
  10. Jesus verskyn aan Sy dissipels en vaar later op na die hemel.

Daar is ‘n paar belangrike temas in die boek Lukas wat ons oor die loop van ‘n paar weke sal deurgaan.

Die hoofgedagte in hierdie boek is dat Lukas vertel hoe Jesus gekom het om mense te red, liefde te wys en God se koninkryk aan almal bekend te maak.

“Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore is.” Lukas 19:10

Lukas belangrike temas (Deel 1)

In elke Evangelie is daar paar belangrike dinge van God en Sy karakter waarop die skrywer wil fokus. Vandag gaan ons bietjie na ‘n paar belangrike temas in die boek Lukas kyk.

1. Jesus as die Verlosser van almal
Lukas wys dat Jesus nie net vir die Jode gekom het nie, maar vir alle mense. Van die aankondiging van Sy geboorte tot Sy bediening onder tollenaars, Samaritane en ander uitgeworpenes, wys Lukas dat God se verlossingsplan “universeel” is. Uit elke nasie, stam, volk en taal. Jesus se sending is om verlorenes te soek en te red.

Skrifverwysings:
Luk 2:29 –32 “ Nou laat U, Here, U dienskneg in vrede volgens u word; omdat my oë u heil gesien het, wat U berei het voor die oë van al die volke – ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.”
Luk 3:6 En alle vlees sal die heil van God sien.
Luk 19:10 “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.”
Luk 24:46–47 “En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes due Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem en verder.

2. God se liefde vir armes, behoeftiges en uitgeworpenes
Lukas gee besondere aandag aan hoe Jesus aandag gegee het aan mense wat deur die samelewing verwaarloos of verwerp is. Jesus bedien armes, weduwees, siekes, tollenaars en sondaars. Hy leer dat God se koninkryk oop is vir almal wat in geloof na Hom kom. Jesus is ook die voorbeeld van hoe ons ander moet behandel. Dit gaan nie wat ons kan kry nie, maar hoe ons kan gee. Om te gee sonder om iets terug te verwag is beter as om iets te kry….

Skrifverwysings: Lukas 4:18 “ Die Gees van die Here s op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig e naan blndes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in Vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

Luk 6:20–21 “Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word, Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag. Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.”

Luk 7:22 “Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: Blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies is opgewek, aan die armes word die evangelie verkondig.

Luk 10:25–37 Gelykkenis van die Barmhartige Samiritaan

Lukas 19:1–10 Die verhaal van Saggeus

3. Gebed
Gebed is een van die sterkste temas in Lukas. Jesus bid gereeld voor belangrike gebeurtenisse en leer Sy dissipels om aanhoudend en gelowig te bid. Lukas wys dat gebed noodsaaklik is vir ‘n verhouding met God.

Skrifverwysings:
Luk 5:16;Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.

Luk 6:12 En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in gebed tot God deurgebring.

Luk 9:18 “En toe Hy besig was om alleen te bid….”

Luk 11:1–13 ONSE VADER

Luk 18:1–8 Gelykkenis van die onregverdige regter met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie.

Luk 22:39–46 Jesus in die tuin voor Hy gevange geneem word. Hy het gebid met ‘n intesiteit en inspanning dat Sy sweet druppels geword het soos bloed druppels wat op die grond val.

4. Die Heilige Gees
Die Heilige Gees is daar en besig vanaf die eerste hoofstuk van Lukas. Die Gees werk in die lewens van Johannes die Doper, Maria, Elisabet en Sagaria, en rus Jesus toe vir Sy bediening. Die Gees is die bron van krag en leiding.

Skrifverwysings: Lukas 1:15 Johannes die doper – “want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

Luk 1:35 Maria “ En die engel antwoord vir haar: Di eHeilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.”

Luk 1:41 “En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees”

Luk 1:67 En Sagaria, sy vader (Johannes die doper) is vervul met die Heilige Geen en het geprofeteer”

Luk 3:22 By Jesus se doop – “ En die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae.”

Luk4:1 “En Jesus het vol van die Heilige Gees terruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei.”

Luk 4:14 “En Jesus het in die krag van die Gees na Gallilea terrug gekeer en daar het ‘n gerug aangaande Hom deur die hele omttrek uitggegaan.

Luk 4:18 “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring….”

So om gou saam te vat vir vandag:
Hierdie temas wys ons God se karakter Sy liefde vir verlore mense, uit elke stam, nasie, volk en taal en dat Hy soek en red die wat verlore was. Om te bid is noodsaaklik om in verhouding te staan met ons Vader in die hemele en Hy wil hê ons moet aanhoudend en gelowig bid. Die Heilge Gees is die een wat van begin tot einde betrokke is. Hy is ook die een wat ons daagliks toerus en Hy oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel.

Volgende week gaan ons na nog 4 belangrike temas kyk….

Lukas belangrike temas (Deel 2)

Soos ons laasweek ook gesê het, Lukas kom en wys in sy evangelie God se karakter en wie Hy is.Vandag gaan ons na 1 baie belangrike tema kyk.

Vergifnis en Genade
Lukas wys herhaaldelik God se genade teenoor sondaars. Jesus vergewe mense, ontvang berouvolle sondaars en vertel gelykenisse wat God se liefde en genade uitbeeld.

Een van die mooiste verhale wat vir ons opgeteken is in Lukas is Lukas 7:36–50

(Vryvertaling) -Hier is die pragtige verhaal waar Jesus genooi was om by ‘n Fariseer met die naam Simon, aan tafel te gaan. ‘n Sondares het gehoor Hy is daar en het sy gegaan en agter by Sy voete gaan staan en huil en Sy voete gewas met haar trane en dit droog gemaak met haar hare en sy voete gesoen en gesalf. Toe die Fariseer dit sien, het hy by homself gesê as Jesus dan ‘n profeet was, sou Hy geweet het watter tipe vrou dit was. ( nou Simon het dit net gedink)….

Maar Jesus het aan hom toe ‘n gelykkenis vertel oor ‘n geldskieter wat twee skuldenaar gehad het. Die een het baie meer geskuld as die ander een, maar omdat hulle nie geld gehad het om te betaal nie, het die geldskieter hulle skuld afgeskryf. Toe vra Jesus die Fariseer wie dink hy sou die geldskieter die meeste liefhê? Die een wat baie geskuld het, of die een wat minder gekuld het? Simon antwoord toe, seker die een wat die meeste geskuld het…

Jesus wys toe vir Simon dat toe Hy by Simon in die huis gekom het, het Simon nie vir Hom water gegee om Sy voete te was nie, maar die vrou het haar trane gebruik om dit te was en haar hare gebruik om dit af te droog. (In daardie tyd was dit ‘n manier van hulle tradisies om hulle gaste se voete te was en as jy dit nie gedoen het nie, was dit eintlik ‘n belediging.) Simon het nie vir Jesus met ‘n soen verwelkom nie, maar die vrou het vandat sy ingekom het, nie opgehou om Jesus se voete te soen nie. Simon het ook nie Jesus se hoof met olie gesalf nie, maar die vrou het Sy voete gesalf met salf.

Daarop het Jesus vir Simon gesê dat haar sondes wat baie was, is vergewe, want sy het baie liefgehad. Maar vir hy wat min vergewe is, is minder lief.

Die mense wat aan tafel was het begin by hulle self sê en wonder wie is Hy was selfs sondes kan vergewe…

Jesus het toe vir die vrou gesê dat haar geloof haar gered het en dat sy in vrede kan gaan.

Baie keer wil ons mense wat baie slegte lewenskeuses gemaak het voorheen, JUDGE op wie hulle was. Maar as God ‘n goeie werk begin het, sal Hy dit volbring. Ons dink baie keer dat iemand te sleg en te sondig is om gered te word. Maar die evangelie, die goeie nuus is juis vir mense soos dit. Jesus het nie regverdige mense kom soek nie, maar Hy het die wat verlore was kom soek. En juis vir die wat in menslike oë te veel het om vergewe te word, dit is partykeer juis hulle wat die Here liewer het en met groter oorgawe dien en aanbid. Dit is hulle wat baie vergewe is wat baie lief het.

Die gelykkenis van die verlore skaap in Lukas 15

Jesus was op ‘n dag tussen die Fariseërs en Skrifgeleerdes en hierdie mense het baie gemurmureer en gesê dat Jeus is baie saam met die sondaar en Hy eet ook saam met hulle.

(Jesus was nie skaam om geken te word as man wat tussen die sondaars was nie. Die skrifgeleerdes het die mense geleer dat vergifnis daar was vir mense wat die Here gesoek het, maar in die gelykkenis wys Jesus ons dat dit God is wat soek.)

Hy vra hulle toe ‘n vraag… watter man onder hulle sal, as hy 100 skape het en een verloor, nie die 99 los en die 1 wat weg geraak het gaan soek tot hy hom kry nie? En as hy dit gekry het, dit met blydskap op sy skouers tel. Dan as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure om saam met hom bly te wees, want die een skapie wat weg was, het hy weer gekry.

(Dit klink dalk nie na so goeie idee vir party nie, totdat hulle daai 1 skapie is.)

Jesus sê toe vir hulle dat daar net soveel blydskap sal wees voor die engele van God oor een sondaar wat tot bekering kom, meer as oor 99 wat regverdig is en nie bekering nodig het nie…

(Ons weet dat almal sondig en daar is niemand regverdig nie, selfs nie een 1 nie. Mense wat dink hulle is regverdig, mislei hulle self en is eintlik maar net skynheilig.)

Verder vertel Hy die storie van die Verlore Seun.

Die pa het 2 seuns gehad en die jongste het vir sy pa gesê dat hy sy erfdeel graag wil hê. Die pa het toe gegaan en die goed verdeel tussen die broers. Na baie dae het die jongste seun alles bymekaar gemaak en weg getrek na ‘n baie ver land en daar het hy al sy eiendom verkwis (om te gebruik sonder om dit ten volle te benut) en losbandig gelewe.

Toe al sy geld klaar was, kom daar ‘n swaar hongersnood in die land en hy het begin swaarkry. Hy moes toe by iemand gaan werk en die enigste werk wat hy kon kry was om varke op te pas. Nou vir ‘n Jood was di teen van die ergste goed ooit… Hy het partykeer gewens dat hy net sy maag kan vol maak met die peule wat die varke eet, maar niemand het eers dit aan hom gegee nie. Hy het toe besef dat sy pa baie mense het wat vir hom werk en dat hulle ‘n oorvloed het van brood, maar hy sit en vergaan van die honger. Hy het besluit om terug te gaan na sy pa toe en aan sy pa erken dat hy gesondig het en verkeerd opgetree het en dat hy nie eers werd is om seun genoem te word nie, maar dat hy eerder sal wees soos een wat vir sy pa werk.

Hy het opgestaan en gegaan en toe hy nog ver was, het sy pa hom al gesien. Sy pa het baie jammer vir hom gevoel en geharloop en hom omhels en gesoen. Die seun het erken da thy gesondig het end at hy nie eers werd was om seun genoem te word nie, maar die pa het vir sy diensknegte gesê om vir sy seun die beste klere aan te trek en om vir hom ‘n ring aan sy vinger te sit en om skoene aan sy voete te trek. Hulle moes ook die vetgemaakte kalf slag sodat hulle kan eet en vrolik wees. Die pa het gesê : “ Die seun van my was doo den het weer lewendig geword; hy was verlore en is gevind.

Die oudste seun was in die veld en toe hy nader kom, hoor hy die musiek. Hy het een van die diensknegte geroep en gevra wat aan die gang is en die dienskneg vertel to van die broer wat terug is end at sy pa die vetgemaakte kalf geslag het, omdat hy hom gesond terug gekry het.

Die oudste seun was toe baie kwaad en jaloers. Hy het toe gegaan om sy pa te konfronteer, maar sy pa sê toe vir hom dat hy altyd by hom is, end at hulle vrolik en bly moet wees, want die broer wat weg was, was dood, maar is nou lewendig en hy was verlore, maar is nou gevind.

Hier leer dit ons meer as net 1 les.

Dit leer ons van God se karakter: Die pa in die gelykkenis wys daarna dat God is altyd gou om te vergewe en is haastig dat ons moet bekeer. Dit wys ook na die vreugde en blydskap wat daar is as daar ‘n sondaar tot bekering kom. God is nie ‘n mens of ‘n afgod wat jou sondes teen jou sal hou verewig nie. Hy is nie vyandiggesind teenoor ons nie. Wanneer ons ons sondes bely, vergewe en vergeet Hy daarvan. So ver soos die ooste van die weste is, so ver verwyder Hy ons sondes. (Psalm 103:12) Onvoorwaardelik, volkome.

Die jongste seun is ‘n voorbeeld van ware bekering, ware berou oor sonde. Wegdraai van sonde.

Die oudste seun se vehaal is ook belangrik – Dit wys op die Farisieërs en Skrifgeleerdes – In sy eie oë was hy regverdig en die Vader is onregverdig. Hy kyk neer op die sondaar en is nie regtig geinterreseerd daarin dat die sondaar tot bekering gekom het nie en wil nie deel in die blydskap van die Vader nie. En hy dink hy is beter as sy broer omdat hy nie gedoen het wat sy broer gedoen het nie, maar sy jaloesie is tog sonde. En selfs dit moet erken en laat staan word.

So om gou saam te vat:

God is genadig en barmhartig. Hy kom soek en red wat verlore is. Hy kom soek jou in die diepste donkerste plekke. Hy is gou om te vergewe. Daar is geen sonde wat te groot of te sleg is, wat nie vergewe kan word nie. Wanneer God ons vergewe gaan Hy dit nie oor ons kop hou of ons remind aan dit nie. Hy verwyder dit so ver soos die ooste van die weste. Wanneer een sondaar tot bekering kom is daar groot blydskap voor die engele van God in die hemel… God self verheug hom oor elke sondaar wat gered word baie meer as oor “99” wat nie bekering nodig het nie…

En hy wat baie vergewe is, het baie lief.

In elke Evangelie is daar paar belangrike dinge van God en Sy karakter waarop die skrywer wil fokus. Vandag gaan ons bietjie na ‘n paar belangrike temas in die boek Lukas kyk.

1. Jesus as die Verlosser van almal
Lukas wys dat Jesus nie net vir die Jode gekom het nie, maar vir alle mense. Van die aankondiging van Sy geboorte tot Sy bediening onder tollenaars, Samaritane en ander uitgeworpenes, wys Lukas dat God se verlossingsplan “universeel” is. Uit elke nasie, stam, volk en taal. Jesus se sending is om verlorenes te soek en te red.

Skrifverwysings:
Luk 2:29 –32 “ Nou laat U, Here, U dienskneg in vrede volgens u word; omdat my oë u heil gesien het, wat U berei het voor die oë van al die volke – ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.”
Luk 3:6 En alle vlees sal die heil van God sien.
Luk 19:10 “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.”
Luk 24:46–47 “En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes due Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem en verder.

2. God se liefde vir armes, behoeftiges en uitgeworpenes
Lukas gee besondere aandag aan hoe Jesus aandag gegee het aan mense wat deur die samelewing verwaarloos of verwerp is. Jesus bedien armes, weduwees, siekes, tollenaars en sondaars. Hy leer dat God se koninkryk oop is vir almal wat in geloof na Hom kom. Jesus is ook die voorbeeld van hoe ons ander moet behandel. Dit gaan nie wat ons kan kry nie, maar hoe ons kan gee. Om te gee sonder om iets terug te verwag is beter as om iets te kry….

Skrifverwysings:
Lukas 4:18 “ Die Gees van die Here s op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig e naan blndes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in Vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.
Luk 6:20–21 “Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word, Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag. Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.”
Luk 7:22 “Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: Blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies is opgewek, aan die armes word die evangelie verkondig.
Luk 10:25–37 Gelykkenis van die Barmhartige Samiritaan
Lukas 19:1–10 Die verhaal van Saggeus

3. Gebed
Gebed is een van die sterkste temas in Lukas. Jesus bid gereeld voor belangrike gebeurtenisse en leer Sy dissipels om aanhoudend en gelowig te bid. Lukas wys dat gebed noodsaaklik is vir ‘n verhouding met God.

Skrifverwysings:
Luk 5:16;Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.
Luk 6:12 En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in gebed tot God deurgebring.
Luk 9:18 “En toe Hy besig was om alleen te bid….”
Luk 11:1–13 ONSE VADER
Luk 18:1–8 Gelykkenis van die onregverdige regter met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie.
Luk 22:39–46 Jesus in die tuin voor Hy gevange geneem word. Hy het gebid met ‘n intesiteit en inspanning dat Sy sweet druppels geword het soos bloed druppels wat op die grond val.

4. Die Heilige Gees
Die Heilige Gees is daar en besig vanaf die eerste hoofstuk van Lukas. Die Gees werk in die lewens van Johannes die Doper, Maria, Elisabet en Sagaria, en rus Jesus toe vir Sy bediening. Die Gees is die bron van krag en leiding.

Skrifverwysings:
Lukas 1:15 Johannes die doper – “want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.
Luk 1:35 Maria “ En die engel antwoord vir haar: Di eHeilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.”
Luk 1:41 “En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees”
Luk 1:67 En Sagaria, sy vader (Johannes die doper) is vervul met die Heilige Geen en het geprofeteer”
Luk 3:22 By Jesus se doop – “ En die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae.”
Luk4:1 “En Jesus het vol van die Heilige Gees terruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei.”
Luk 4:14 “En Jesus het in die krag van die Gees na Gallilea terrug gekeer en daar het ‘n gerug aangaande Hom deur die hele omttrek uitggegaan.
Luk 4:18 “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring….”

So om gou saam te vat vir vandag:

Hierdie temas wys ons God se karakter Sy liefde vir verlore mense, uit elke stam, nasie, volk en taal en dat Hy soek en red die wat verlore was. Om te bid is noodsaaklik om in verhouding te staan met ons Vader in die hemele en Hy wil hê ons moet aanhoudend en gelowig bid. Die Heilge Gees is die een wat van begin tot einde betrokke is. Hy is ook die een wat ons daagliks toerus en Hy oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel.

Volgende week gaan ons na nog 4 belangrike temas kyk….

Lukas belangrike temas (Deel 3)

Ons het laas kwartaal gekyk na ‘n paar belangrike temas waarvan God se genade en vergifnis die laaste lessie was wat ons gedoen het. Vandag gaan ons kyk na nog ‘n paar.

Vreugde en Lofprysing

Van die begin tot die einde van die Evangelie word God geloof vir Sy reddingswerk. Maria, Sagaria, Simeon, die engele en die dissipels reageer almal met lofprysing en dankbaarheid.

Skrifverwysings:
Lukas 1:46–55 (Maria se lofprysing, toe die engel vir haar gesê het dat sy die Messias se mamma gaan wees.)
Lukas 1:68–79 Saggaria _ Johannes die doper se pa, toe Johannes gebore was en hulle Johannes se naam vir hom gegee het.
Lukas 2:13–14 – By die herders in die veld het daar ‘n groot menigte engele begin sing en sê: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae.”
LUKAS 2:28–32 – Simeon in die tempel toe Maria en Josef Jesus gevat het om te handel volgens die gebruik van die wet.
Lukas 19:37–38 Met Jesus se intog in Jerusalem op die donkie
Lukas 24:52–53 Met Jesus se hemelvaart. Nadat Jesus opgeneem was in die hemel het die mense wat daar was Hom aanbid en het na Jerusalm terug gegaan met groot blydskap. Hulle was gedurig in die tempel en het God gedank en geprys.

Hoe dit op ons van toepassing is:

Lofprysing: Ons het nodig om God te prys vir Wie Hy is. En vir alles wat Hy doen. Net soos Maria, sagaria, Simeon, die engeleen herders en sy dissipels God geprys het, kan ons Homo ok elke dag dank en eer.

Ware vreugde kom wanneer on sweet Jesus is ons Verlosser. Hierdie vreugde hang nie af van ons omstandighede nie, maar van ons verhouding met God.

Hoe ons dit kan toepas elke dag:

  1. Dank God elke dag vir Sy goedheid.
  2. Loof Hom in gebed en met liedere.
  3. Deel die goeie nuus van Jesus met ander.
  4. Kies om met vreugde te leef, selfs wanneer dinge moeilik is, omdat ons weet God is naby.
Die boodskap van Lukas leer ons dat Jesus se koms rede is vir lofprysing, dankbaarheid en blydskap – nie net destyds nie, maar took vir ons vandag.

Dissipelskap en Gehoorsaamheid
Jesus roep mense om Hom ten volle te volg. Dissipelskap vereis geloof, gehoorsaamheid, opoffering en volharding. Lukas beklemtoon dat ware volgelinge hulle lewe aan Christus onderwerp.

Skrifverwysings:
Lukas 5:1–11 Die eerste dissipels ( die groot visvangs)
Lukas 9:23–25 “As iemand agter my wil aankom, moet hy himself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg”
Lukas 9:57–62: Hier praat Jesus van hoe Hy gevolg moet word.
Lukas 14:25–33: Niks en niemand mag belangriker wees as Christus nie.
Lukas 18:28–30 Ons moet bereid wees om alles agter te laat om Christus te volg.

Hoe dit op ons van toepassing is:
Volg Jesus elke dag deur Sy Woord te lees en te doen wat Hy leer.
Wees gehoorsaam aan God, selfs wanneer dit moeilik is.
Dien ander met liefde, soos Jesus dit gedoen het.
Vertrou op God en stel Hom eerste in jou lewe.
Getuig van Jesus deur jou woorde en jou optrede.
Dissipelskap en gehoorsaamheid beteken da tons elke dag kies om Jesus te volg, Sy Woord te gehoorsaam, ander lief te he en ons lewe so te leef dat dit God eer.

Die Koninkryk van God
Die Koninkryk van God is die kern van Jesus se prediking. Dit verwys na God se heerskappy in mense se lewens. Jesus verkondig die Koninkryk deur Sy leringe, gelykenisse en wonderwerke.

Skrifverwysings:
Lukas 4:43 Jesus het self die evangelie gaan verkondig want daarvoor was Hy gestuur.
Lukas 8:1 Hy het van een dorLukasp na ‘n ander gereis en die evangelie gaan verkondig.
Lukas 8:10 Sy dissipel het die verborgenhede van die koninkryk geweet, maar aan ander was dit vertel in gelykkenisse.
Lukas 13:18–21 Gelykkenis van die mosterdsaad.
Lukas 17:20–21 Die koninkryk kom nie met sigbare tekens nie. Want dit is binne in julle.
Lukas18:16–17 “Laat die kindertjies na My toe kom…”

Hoe is dit vir ons van toepassing:

  1. Stel God eerste in alles wat jy doen
  2. Leef volgens God se wil en gehoorsaam Sy Woord
  3. Wees liefdevol, genadig en vergewe ander soos Jesus ons geleer het.
  4. Help mense in nood en wys omgee vir die armes en swakkes
  5. Vertel ander van Jesus, sodat hulle ook deel kan word van God se koninkryk.
Die koninkryk van God is nie net iets waarvoor ons eendag wag nie. Dit begin reeds nou wanneer ons Jesus volg, God eerste stele n Sy liefde en waarheid in ons daaglikse lewe uitleef.

So om gou saam te vat vandag:
Ons het nodig om God te prys vir Wie Hy is en wat Hy gedoen het e nook so nog ook elke dag doen. Ons het nodig om uit dankbaarheid te lee fen Hom te eer.

Ons het nodig om Hom gehoorsaam te wees en Hom te volg, al is dit soms hoe moeilik.

Die koninkryk van God is nie iets waarvoor ons wag nie, dit is reeds hier by ons, binne ons. As ons God gehoorsaam is, Hom eer, ander help en te leef soos wat Christus ons geleer het en vir ons ‘n voorbeeld was, dank an ons ‘n stukkie van hemel hier op aarde beleef. Vertel ander van Jesus dat hulle ook kan deel word van God se koninkryk en ewige familie.

Inleiding tot Psalm 119

Die opskrif in die Bybel vir Ps 119 is “Die heerlikheid van die goddelike woord”

Die psalm is opgedeel in 22 afdelings met elkeen 8 verse.

Die psalmis maak in elke afdeling afsonderlike stellings oor die “wet”, m.a.w. God se onderrig en voorskrifte vir die lewe en die mens. Die psalm gebruik 10 verskillende terme of woorde vir die “wet”:

  1. God se wet
  2. Sy opdragte
  3. Bevele
  4. Verordeninge
  5. Gebooie
  6. Voorskrifte
  7. Woord
  8. Weë
  9. Beloftes
  10. Bepalings of besluite
Die psalmis is toegewyd om die “wet” te verstaan. Die psalmis se leefstyl en gedrag gee hom hoop en vrede. Dit wys hom die weg na lewe en Vryheid.

Hoekom gee God onderrig en voorskrifte vir die lewe en mense?

Gen 1:26-27 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Psa 139:13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

Jes 64:8 Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.

Pred 12:1 En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie—

Jes 45:12 Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek—my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.

Psa 95:6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.

Psa 100:3 Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.

Spr 22:2 Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.

Op 5:9 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,

1Kro 29:10-12 En Dawid het die HERE geloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê: U sy geloofd, HERE, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid. Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles. En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.

Psa 83:19 sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.

Deu 6:13-15 Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer. Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie— want die HERE jou God is ‘n jaloerse God by jou—sodat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.

Mar 12:29-30 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.

Op 15:2-4 En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God. En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.

Isa 9:5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Psa 50:6 En—die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.

Psa 121:5 Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.

Isa 45:23 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit mymond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.

Fill 2:9-11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Dan 6:21,27-28 En toe hy nader kom na die kuil, het hy met ‘n droewige stem na Daniël geroep; die koning het gespreek en aan Daniël gesê: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos? Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe. Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.

Psa 41:14 Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen.

Joh 14:2-3 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Psa 111:10 Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid.

Op 22:12-13 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

Psa 119:1 Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel.

Psa 119:2 Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;

Psa 119:3 ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel.

Psa 119:4 U het u bevele gegee om dit trou te onderhou.

Psa 119:5 Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!

Psa 119:6 Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.

Psa 119:7 Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.

Psa 119:8 Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie.

Welgeluksalig is elkeen wat die Here se wet onderhou, Hom soek, nie ongeregtigheid doen nie, op God se opdragte let

Psa 119:9 Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

Psa 119:10 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.

Psa 119:11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

Psa 119:12 Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!

Psa 119:13 Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.

Psa 119:14 Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.

Psa 119:15 Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.

Psa 119:16 Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.

Hoe sal ek my pad skoon hou? — na U woord, nie afdwaal, ken die woord, leer die wet, vertel aan ander, oordink God se bevele, vergeet die woord nie

Psa 119:17 Gimel. Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.

Psa 119:18 Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.

Psa 119:19 Ek is ‘n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.

Psa 119:20 My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.

Psa 119:21 U dreig die vermeteles as gevloektes wat van U gebooie afdwaal.

Psa 119:22 Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.

Psa 119:23 Al sit vorste en beraadslaag teen my—U kneg oordink u insettinge.

Psa 119:24 Ja, U getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.

Psa 119:25 Dalet. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.

Bewaar my – open my oë, my siel verlang na U wette, ek bewaar U opdragte – dit gee raad aan my

Psa 119:26 My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!

Psa 119:27 Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.

Psa 119:28 My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.

Psa 119:29 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.

Psa 119:30 Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.

Psa 119:31 Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie!

Psa 119:32 Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.

U woord maak my lewend, ek verkies U waarheid, ek sal op U weg bly, U maak my hart groot oop virU bevele.

Psa 119:33 He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.

Psa 119:34 Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.

Psa 119:35 Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek ‘n behae.

Psa 119:36 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.

Psa 119:37 Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.

Psa 119:38 Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.

Leer my – gee my verstand, ek het ‘n begeerte na U bevele

Psa 119:39 Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.

Psa 119:40 Gewis, ek het ‘n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.

Psa 119:41 Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte,

Psa 119:42 sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.

Psa 119:43 En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.

Psa 119:44 Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,

Psa 119:45 en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.

Psa 119:46 Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.

Psa 119:47 En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,

Psa 119:48 en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink.

Ek wil U wet altyd onderhou, ek soek U bevele, U indettinge oordink

Psa 119:49 Sajin. Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.

Psa 119:50 Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak.

Psa 119:51 Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.

Psa 119:52 Ek het gedink, o HERE, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos.

Psa 119:53 Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat.

Psa 119:54 U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap.

Psa 119:55 HERE, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.

Psa 119:56 Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.

Psa 119:57 Get. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.

Ek het nie van U wet afgewyk nie, ek word kwaad vir hulle wat U wet nie onderhou nie,ek dink aan U Naam

Psa 119:58 Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte.

Psa 119:59 Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.

Psa 119:60 Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.

Psa 119:61 Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.

Psa 119:62 Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.

Psa 119:63 Ek is ‘n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.

Psa 119:64 HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.

Ek oordink U wee, U gebooie onderhou, ek loof U in die middernag

Psa 119:65 Tet. U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord.

Psa 119:66 Leer my ‘n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.

Psa 119:67 Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.

Psa 119:68 U is goed en doen goed; leer my u insettinge.

Psa 119:69 Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele.

Psa 119:70 Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet.

Leer my Here U insig en kennis, ek verlustig my in U wet

Psa 119:71 Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.

Psa 119:72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.

Psa 119:73 Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.

Psa 119:74 Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.

Psa 119:75 Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.

Psa 119:76 Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.

Psa 119:77 Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.

Psa 119:78 Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele.

Psa 119:79 Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken.

Psa 119:80 Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.

U het my gemaak, laat die vermeteles skaan kry, laat my hart opreg wees in U bevele

Psa 119:81 Kaf. My siel smag na u heil; op u woord wag ek.

Psa 119:82 My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?

Psa 119:83 Want ek het geword soos ‘n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.

Psa 119:84 Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?

Psa 119:85 Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.

Psa 119:86 Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!

Psa 119:87 Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie.

Psa 119:88 Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.

Ek verlang na U Ek is oud en gedaan Goddelose vervolg my, hulle vernietig my amper Red my Here na U goedertierenheid Ek bly by U woord

Psa 119:89 Lamed. Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.

Psa 119:90 U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.

Psa 119:91 Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.

Psa 119:92 As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.

Psa 119:93 Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.

Psa 119:94 Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.

Psa 119:95 Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.

Psa 119:96 Aan alle volmaaktheid het ek ‘n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.

U woord verander nooit U is altyd getrou U wet hou my op die regte pad Ek behoort aan U o God Die goddelose wil my doodmaak

Psa 119:97 Mem. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.

Psa 119:98 U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.

U wet / gebooie maak my wys en verstandig…meer as ou mense

Psa 119:99 Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.

Psa 119:100 Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.

Psa 119:101 Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.

Psa 119:102 Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want U het my geleer.

Psa 119:103 Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.

Psa 119:104 Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.

Ek is depressief, maar U woord wys vir my die pad

Psa 119:105 Noen. U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.

Psa 119:106 Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.

Psa 119:107 Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!

Psa 119:108 Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge.

Psa 119:109 My lewe is altyddeu in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.

Psa 119:110 Die goddelose het vir my ‘n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.

Psa 119:111 Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.

Psa 119:112 Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe.

Psa 119:113 Samek. Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.

Psa 119:114 U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.

Psa 119:115 Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!

Psa 119:116 Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie.

Psa 119:117 Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let.

Psa 119:118 U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens.

Psa 119:119 U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief.

Psa 119:120 My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.

God verag die goddelose mense

Psa 119:121 Ajin. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.

Psa 119:122 Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.

Psa 119:123 My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.

Psa 119:124 Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.

Psa 119:125 Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.

Psa 119:126 Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.

Psa 119:127 Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.

God jhet geregtigheid, reg en goedertierenheid lief

Psa 119:128 Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.

Psa 119:129 Pe. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.

Psa 119:130 Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.

Psa 119:131 Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek.

Psa 119:132 Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet.

Psa 119:133 Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.

Psa 119:134 Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.

Psa 119:135 Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.

Psa 119:136 My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.

Psa 119:137 Sade. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge.

Psa 119:138 In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou.

Die mens is in alles afhanklik van God

Psa 119:139 My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.

Psa 119:140 U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.

Psa 119:141 Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.

Psa 119:142 U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.

Psa 119:143 Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.

God se woord is tot in ewigheid

Psa 119:144 U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.

Psa 119:145 Kof. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar.

Psa 119:146 Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.

Psa 119:147 Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.

Psa 119:148 My oë is die nagwake voor om u woord te oordink.

Psa 119:149 Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge.

Psa 119:150 Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.

Psa 119:151 U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid.

Psa 119:152 Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.

Psa 119:153 Resj. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.

Psa 119:154 Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.

Psa 119:155 Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.

Psa 119:156 HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.

Psa 119:157 My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.

Psa 119:158 Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.

Psa 119:159 Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u

Here, ek roup na U – hoor my My teestanders is baie – Here maak my lewend want U woord is waarheidgoedertierenheid.

Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Psa 119:161 Sin, Sjin. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.

Psa 119:162 Ek is vrolik oor u belofte soos een wat ‘n groot buit vind.

Psa 119:163 Leuens haat ek en het daar ‘n afsku van; u wet het ek lief.

Psa 119:164 Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.

Psa 119:165 Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.

Psa 119:166 o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie. Psa 119:167 My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.

Psa 119:168 Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.

Here, my HOOP is op U Ek hou U gebooie want U kyk vir my

Psa 119:169 . o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.

Psa 119:170 Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte.

Psa 119:171 My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.

Psa 119:172 My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.

Psa 119:173 Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies.

Psa 119:174 o HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.

Psa 119:175 Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.

Psa 119:176 Ek het gedwaal soos ‘n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

Here, ek verlang na U reddened genade!